Wednesday, September 16, 2009

CLICK OP FOTO OM GROTER TE MAAK

Ons doop toerlede in die Jordaan
















Gadara


Hier is die besetene van Gadara hanteer. (Later is hier 'n sinagoge gebou)

Wat het ons hier?


Hier is 'n Meulsteen (Soos wat Jesus verduidelik het om jou nek gehang sal word as jy een van die kindertjies laat struikel) en 'n mylpaal...

Kapernaum




Hier is die sinagoge waarin Jesus gepreek het en 'n deel van die oorsprontlike stad se murasies

Hierdie toergids lyk soos Johannes die doper....




Hier het die dissiepels vis gevang

By die strandjie het die dissiepels die net aan die ander kant van die boot ingegooi en hulle nette wou skeur....

Baie duur...


Hierdie drie glasies koffie en drie sappe het ons R140 gekos!

Die bergpredikasie







Hierdie is die plek waar Jesus die bergpredikasie gebring het. Lyk nou anders, maar dit voel groot om op dieselfde plek as Hy te staan...

Die grens na Libanon




Hier bo kyk ons uit 'n bunker oor na die grens van Libanon.

Siriƫ

Hier kyk ons oor die grens in die noorde na Siriƫ. Ons was behoorlik tussen die mynvelde waar landmyne uitgehaal was sodat paaie gemaak kan word.

Natuur in die noorde van Israel




In die noorde raak die natuurskoon baie bebos en mooi. Mens vergeet heeltemal dat 'n deel van Israel woestyn is. Dit is baie warm 46+ grade, maar die son het nie die Suid Afrikaanse byt nie.


Wat het pandemonium en pannic in gemeen?



Hier staan ons by een van die aanbiddingsplekke van die god Pan... Die godsdiens het sy houvas deur vrees gekry, presies die teenoorgestelde van die Koning wat ons dien.

'n Koning regeer van die poort af


Konings het by die poorte gerigeer deur deklerasies te maak en uit te voer. On het by een van die historiese poorte gaan sit op 'n platvorm wat deur die koning van daardie stad gebruik was en profetiese deklerasies gemaak oor dit waaroor die Here ons aangestel het. Die trane het gevloei en ek glo groot deurbrake is in die gees behaal...

Die oudste modderpoort in die geskiedenis




Hierdie is die oudste modderpoort op aarde By Tel-Dan (LeShem). Abaraham moes op een of ander tyd deur hierdie poort beweeg het! Nogal asemrowend om op dieselfde grond te staan as die vader van ons geloof. Hier is ook 'n altaar by die stadspoort soos in die tyd van Abraham. Dit is nog die oorsprontlike altaar.

Die meer van Galelia















Ons sluit die dag af met 'n bootrit op die see van Galilia. Dit was een van die hoogtepunte van die toer. Ons het die vlag van SA geheis en 'n tyd van lof en aanbidding op die meer geniet. Waarlik 'n tyd van kontak met God soos min.

Nasaret





Hier is 'n skaapwagter in Nasaret, sowel as 'n pres waarmee olyfolie gemaak is, asook die sinagoge op Nasaret

Slag van Armagedon


Op die agtergrond is die vlakte waarop baie reken die salg van Aramgedon in die laaste dae gaan plaasvind.

Megido






Hierbo is die ronde altaar waarop mense geoffer was aan die Songod op Megido. Die dorp was opgeveer 4500 jaar gelede vir die eerste keer gebou. Wat lyk soos 'n heuwel op een van die fotos is 25 beskwings wat die een op die ander kom woning maak het. Elke keer is die vorige beskawing plat gemaak en dan in daar bo-op gebou. Die watertonnel waarin ons stap is onderdeur die dorpie omtrent 4000 jaar gelede gegrawe en het vandag nog standhoudende water.

Die berg Karmel



So lyk die uitsig van die berg Karmel waarop Elija die Baal priesters in stukke gekap het nadat hy vuur uit die hemel laat val het.

Paulus word verhoor in Ceseria









Hier is die fondamente van die vertrek waarin Paulus in Ceseria verhoor was, dit was die presiesse vertrek. Hy het hom hier beroep op die Keiser omdat hy geweet het dit hom na Rome sal laat gaan. Sy roeping was op die stadium ver hom meer werd as sy vreiheid.

Ceseria





Ceseria was die Romeinse hoofstad van Judea in Jesus se tyd. Dit is teen die Middellandse see geleen en was in daardie tyd 'n belangrike hawestad. Herodes het die stad ontwikkel tot 'n fenominale hawestad.

Monday, September 14, 2009

In die Noorde van Israel

EK IS TANS IN DIE NOORDE VAN ISRAEL EN HET NIE INTERNRT NIE, SAL WOENS AAD WEER HOPE OPWINDENDE FOTOS LAAI...

Sunday, September 13, 2009

Stokvlou huistoe...

Elke dag is propvol aktiviteite, howel baie leersaam is die hele span kapot na elke dag. Die vriendelikheid en positiewe gesindheid onder die Jode maak dit steeds 'n fees. In hierdie land hang 'n "vibe" van energie en opgewondenheid. Ek beskou dit as 'n voorreg om 'n gas in hulle land te wees.