Die temperatuur by die dooie see was in die hoog veertigs gewees, die water het soos badwater gevoel. Die digtheid van die water is so hoog as gevolg van die sout konsentrasie wat so hoog is dat mens soos 'n kurkprop dryf, selfs as jy regop staan is dit onmoontlik om die bodem te raak, jy skiet soos 'n kurkprop boontoe. Die dooie see is sowat 400 m onder seevlak. Die blou water teen die wit woestyn is asemrowend. Die vakansieoorde langs die see is ook baie luuks.
Hier is alles baie duur, ons moes R120 opdok vir drie glasies "iced coffee"!!
No comments:
Post a Comment