Sunday, September 13, 2009

Jerigo en die woestyn om Jerigo













Hier is ons by die woestyn om Jerigo, waar Israel die beloofde land binnegegaan het. Hulle moes die eerste stad totaal verwoes, 'n teken daarvan dat die eerste vrug aan die Here behoort. Die woestyn het sy eie bekoring. Die temperatuur was tot 46 grade C en ons het behoorlik les opgesê van die hitte. Ek kan my nie indink hoe dit moes voel om sewe maal om die stad te stap vir die hele volk op die sewende dag en nog genoeg energie oor te hê vir die inval nie.


No comments:

Post a Comment